Platgetrek
Wanneer jy wildsfoto’s neem – of dit nou voëls, roofdiere of bokke is – moet jy altyd gou eers dink of dit die beste sal wees om die voorwerp horisontaal (“plat”) of vertikaal (“regop”) te raam.
Jou kamera voel die natuurlikste in jou hand wanneer jy horisontaal skiet. Dis hoekom die meeste foto’s “plat” geraam is. Dit staan bekend as die landskapformaat, want landskappe leen hulle dikwels tot dié formaat. In die volgende gevalle is horisontaal jou beste opsie.
1 Troppe diere: ’n Horisontale raam is perfek vir ’n trop rooibokke of swerm watervoëls. Met die plat raam kry jy meer diere in die raam.
2 ‘Familie’-kiekies: Kleiner groepe diere (twee of drie) soos dié waaierstertmeerkatte vertoon goed in ’n plat raam. Kameelperde is natuurlik ’n ander storie.
3. Hei, ou grote: Die horisontale raam werk vir olifante, die meeste boksoorte en “dikker” voëls soos eende wanneer jy hulle van die kant af kiek.
Terug na fotografie | Terug na bo

















Kommentaar