Roete: Clarence-kuspad
'n Ordentlike stuk kuspad is goed vir die siel. Die seelug wat by jou ruit inspoel, daai vakansie-atmosfeer wat in die lug hang, die sonstrale op die see...
Moet egter nie jaag nie - die Clarence-kuspad kronkel nogal kwaai. Geniet die pad, en as jy vassit agter 'n lorrie, onthou: Jy kon op die Ben Schoeman gesit het.
Moenie van die plante vergeet nie. Die Wes-Kaapse plantekoningkryk het altesame 8 700 plantspesies en Kogelberg 1 650 (Om dit in perspektief te plaas: Britanje het maar 1 500)
nthou ook om jou kar gesluit te hou en nie die bobbejane te voer nie - hulle kan aggresief raak.
Geniet dit!
Klik hier vir die roetekaart
In 'n neutedop
Doen díe dinge langs die pad:
Gordonsbaai
Uncle Barry’s. Van draairoomys tot suikerhorinkies met grena-della-sorbet – hier is iets vir almal (met ’n soettand).
Waar? Kusweg 35
Kontak: 021 856 1744
Rooi-Els
Drummond Arms – Kom kry ’n koue bier en eet dalk iets. En kyk of jy die plek se bekendste kroegvlieg – Susan, die mossie – raakloop...
Waar? As jy van die Clarence-kuspad afdraai, ongeveer 50 m see se kant toe.
Kontak: 028 273 8458
Biosfeer-sentrum – Leer meer oor die plante en diere van die Overberg.
Waar? In die Rooi-Els Village Shop, langs die Drummond Arms.
Kontak: 028 273 8383
Pringlebaai
Hangklip-hotel – Vanaf R150 p p. wat deel; halfprys vir kinders. (Onthou net, dis nie die Hilton nie – kom eerder met jou ou koshuismaats as jou skoonouers hierheen.)
Waar? Vat die afdraai Pringle-baai toe van Clarence-kuspad af en hou reguit aan vir 3,8 km.
Hier word dit grondpad – en 1,6 km verder kry jy die hotel.
Kontak: 082 444 5618
Bettysbaai
Stony Point – Kom kyk na die brilpikkewyne.
Waar? Vat die Bettysbaai-Stony Point-afrit van Clarence-kusweg af en volg die aanwysings. Dis omtrent 3 km.
Kontak: 082 416 8683
Terug na bestemmings | Terug na bo
Gelewer op 7 Februarie 2010 | 08:02:54
Het ook al op hierdie roete gery, nooit geweet dit word so genoem nie. Ek kan dit regtig aanbeveel - dis pragtig - neem jou tyd en geniet dit!!!
Gelewer op 4 Februarie 2010 | 21:08:46
Ek bly 45 jaar in Kaapstad, die pad baie gery en nooit geweet dit word die Clarence kuspad genoem nie. Altyd gedink Clarence is in die Oos Vrystaat. Mens is nooit te oud om iets nuuts te leer nie. Dankie WEG!


















Kommentaar